Kalos Krieketspan vat die veld

Die Kalos Krieketspan het in 2023 ontstaan en is sedertdien ‘n trotse deel van ons sosiale betrokkenheid en spanbou. Die span neem gereeld deel aan vlakkie-krieketligawedstryde in die streek en bring nie net sportiewe gees nie, maar ook samehorigheid en trots onder die werkers. Die spelers wys groot toewyding en entoesiasme, en hul deelname dra by tot die positiewe werksomgewing wat ons by Kalos koester.